13 April 2020

Goeie môre liewe Heuwelkruiner

In ons ore weerklink die lied: Liedboek 409
“Hoor jy die Paasfeesklokke?
Hul lui van vroegdag af;
hul jubel oor die wêreld:
Die Heer is uit die graf!
Hy, Christus, die oorwinnaar,
is uit die donker uit!
Die Heer, die sleuteldraer,
sal ook my graf ontsluit.”

Mag die refrein van Paasfees in jou ore herhaal. Maar die Paasvreugde jou deur hierdie donker tyd dra. Mag jou getuienis wees: Jesus leef. En omdat Hy leef, leef ek ook!

Ek neem ook vrymoedigheid om te vra:
Ek vra vir 10 mense om elk vir 10 mense mieliepap gaar te maak wat Torings van Hoop aan die straatmense kan uitdeel. Die nood daar word al hoe groter en namate die inperking voortduur, raak die getal mense wat kom hulp soek ook meer. As jy kan help, kontak asb vir ds Mauritz 079 895 3916.

Seën en vrede vir jou vandag.

Wees veilig, vertrou in die Here

Posted in nuus.