24 Maart 2020

Liewe Heuwelkruiner
Daar is dit toe so: van Donderdagnag 12:00 af is ons vir 3 weke in “lockdown”. Dit gaan uitdagings inhou, maar sien die positiewe en geleenthede in dit raak. Ons dink baie aan ons mediese personeel, en ál die persone wat noodsaaklike dienste moet verrig in hierdie tyd – mag julle veilig wees en baie krag ontvang.

Ons weet dat hierdie tyd ook baie ontwrigtend vir ons kwesbaarste mense (veral ons bejaardes) is. Moenie paniekerig wees of bekommer nie. Die kerk/gemeente sal na julle kyk en help. Daarom rig nou reeds ons die uitnodiging:

-Enige van ons bejaardes (of enigiemand anders) wat in die volgende 3 weke wonder hoe gaan hulle inkopies doen vir noodsaaklike items, of medisyne by die apteek te kry, of geld trek by die bank, en wat niemand het wat kan help nie – daar is reeds gemeentelede wat aangedui het hulle sal julle daarmee help. Dus: kontak vir ds Mauritz (051 436 1644 of 079 895 3916), en hy sal jou help om by iemand uit te kom wat jou hiermee in die volgende 3 weke gaan help … ons maak ‘n plan!

-Enige gemeentelede wat as vrywilligers in hierdie tyd kans sien om ander lidmate te help, kontak asb ook vir ds Mauritz

-As daar fisiese nood/behoeftes is: die kerk kan help!

-As jy geestelike of emosionele behoeftes het, kontak ds Mauritz … oor die foon kan mens lekker gesels.

Sterkte vir elkeen van julle. Ons is lief vir julle. Wees veilig, vertrou op God.

Posted in nuus.