24 Mei 2020 – Pinkster erediens

Goeie môre liewe Heuwelkruiner

Hier is die skakel na die Sondagboodskap op ons Youtube-kanaal:

https://youtu.be/ymJ3sRxj3uo

*Let asb. ook op die volgende:*
Hier onder is ‘n skakel na die gemeente se Snapscan-rekening.

https://pos.snapscan.io/qr/yR8twjGA

Snapscan is ‘n baie veilige “application” of toepassing op slimfone waardeur jy betalings kan doen. (Julle sal dit dalk al by winkels en restaurante opgelet het.) Dit werk met ‘n Snapcode Icon. Die skakel wat ons vir jou stuur vat jou egter direk na NG Heuwelkruin se Snapscan rekening – jy vul net die bedrag wat jy wil bydra in, tik jou sekuriteits pin in, en dan kan jy só ‘n bydrae maak. As jy nog nie die Snapscan-toepassing op jou slimfoon het nie, sal hierdie skakel jou ook lei om die toepassing af te laai. Volg maar net die instruksies en vul jou bankbesonderhede volledig in. Een ding wat belangrik is, is dat jy Snapscan toegang tot jou foon se kamera moet verleen, maar als is baie veilig en jy hoef nie bekommerd te wees nie.

Andersins kan jy direkte EFT-oorbetalings na die gemeente se bankrekening doen:
NG Gemeente Heuwelkruin
ABSA-bank
Tjekrekening: 470 583 266
Takkode: 632 005
Verwysing: Naam & Van

As jy enige navrae het, kontak vir
ds Mauritz 079 895 3916 of
Lalique 082 961 1395,
ons sal jou probeer help.

Wat die gebruiklike bydraes vir Barmhartigheid betref, sowel as die kombersprojek wat ons elke jaar doen, sal dit vir eers oorstaan tot die inperkingstyd verby is en ons as gemeente met ons normale kerklike aktiwiteite kan aangaan.

Mooi dag

Ds Mauritz

Posted in nuus.