28 Julie 2020 – NG Heuwelkruin 32ste bestaansjaar!!

Goeie môre Heuwelkruiner

Baie geluk met die NG Gemeente Heuwelkruin se 32ste bestaansjaar!

Deur hierdie jare heen was die Here getrou en kon die gemeente groei en diensbaar wees in God se koninkryk. So bid ons dat die Here ook in hierdie tyd waarin ons leef steeds getrou sal wees en die gemeente sal seën – ook elke lidmaat wat sy/haar geloof hier met volharding en getrouheid uitleef.

Dankie vir jou as Heuwelkruiner se liefde vir God, sy kerk en die wêreld waarin Hy ons as gemeente geplaas het. Mag ons steeds geïnspireerd deur die Gees bly, en mag ons Jesus altyd voor oë hou, Hy wat die begin en voleinder van ons geloof is. Kom ons dra steeds God se lig na die wêreld.

Mooi dag, en veilig wees.

Heuwelkruin-groete
Ds Mauritz & Sonja

Posted in nuus.