6 April 2020 – Nagmaal Donderdag, 9 April 2020

Liewe Heuwelkruiner

Met die goedkeuring van die Dagbestuur van Heuwelkruin-kerkraad, gaan ons op DONDERDAGAAND (9 April) ‘n “virtuele nagmaaldiens” hou. Dit gaan op die volgende wyses gebeur:

1. Daar sal teen 18:00 op DONDERDAGAAND ‘n video op Heuwelkruin se Youtube-kanaal geplaas wees met so ‘n nagmaaldiens. Jy kan in jou huis (saam met jou gesin óf op jou eie) die diens volg en aan die nagmaal deelneem. Die skakel sal aan jou op die Whatsapp-groepe gestuur word (en ook hier op Facebook geplaas word).

2. Daar sal ook teen 18:00 op DONDERDAGAAND ‘n stemboodskap (“Voicenote”) met ‘n nagmaalsliturgie via hierdie Whatsapp-groep uitgestuur word waarin jy die stappe kan volg en so tuis nagmaal kan gebruik.

Dié wat aan hierdie nagmaalviering wil deelneem op Donderdagaand, kan solank die volgende regkry:

* Jou Bybel
* Brood – gewone brood in blokkies gesny (Provita of creamcrackers kan ook goed werk)
* Wyn – rooi soetwyn, druiwesap, rooi koeldrank of selfs water met rooi kleursel

Vir enige navrae, kontak gerus vir ds Mauritz 079 895 3916

Posted in nuus.