Tsumkwe uitreik 2007 |
Die span |
|
Doel: Om die Evangelieboodskap te bring aan hand van die rooi boekie en gekleurde armband: Skepping, Sondeval (vuil), verlossing (rooi), Neem Jesus aan (wit), Versoening (goud), Groei in die geloof (groen) en Wederkoms (blou). |
|
Verkondiging van die verlossingsboodskap in Tsumkwe dorpsgebied |
|
Die Goeie nuus is vir almal |
|
'n Goeie aanknopingspunt was die liefde van die moeders vir hul kinders - God het sy Seun gestuur vir ons sondes! |
|
Die reaksie en meelewing van die Boesmans het getuig dat hulle die boodskap ken. Ons doen nou Evangelisasiewerk, nie meer sendingwerk nie. |
|
Die Boesman het hierdie boekie van ‘n vorige uitreik by hom gehad. |
|
Kinderkrans vir die kleiner kinders. |
|
Sondagskool vir die ouer kinders |
|
Bybels aan die skoolkinders |
|
Die laaste dag het ons boekies en kleurpotlode uitgedeel. Elkeen wat die boekie volgens die kleure inkleur kon die volgende week 'n armband by ds Hendrik gaan haal. |
|
|
Die beloning - 'n armband! Die armbande moet vir die draer daarvan help om mbv die kleure die Verlossingsboodskap ook aan ander te vertel. Die armband is ook 'n simbool van aanvaarding van die geloof. |
|
Die span het ook vir ds Hendrik gehelp met werkies. |
|
|
|
Kremetartboom |
|
Sonsondergang oor Tsumkwe |
|