Gebedseminaar

Van 19 tot 21 Augustus het ons ‘n naweek met ‘n fokus op gebed gehad.  Wat ‘n geseënde geleentheid.  Die aanbieder was Ds Anton Meiring, oud-leraar van Heuwelkruin en tans leraar by WHNGGK.  Die tema was: Dit is tyd om ANDERS te bid.  Ons het die naweek net weer diep onder die indruk gekom dat gebed nie gaan oor “reg” bid, of geloofstoertjies van ‘n mens se kant af nie, maar dat gebed eintlik niks anders is nie as om in verwondering oor God te leef, om Hom daagliks in my lewe te ervaar, en myself nederig voor Hom te stel.  Die naweek is afgesluit met ‘n Nagmaadiens Sondag.

Baie dankie aan elkeen wat deel was van hierdie besondere geleentheid.

 

Posted in nuus.