| Jeug |
|
|
|
JEUGBEDIENING
Jeugleraar: Ds Mauritz Heyneman (079 895 3916) Jeugwerker: Jan Theron (076 600 4414) Voorsitter van die Jeugkommissie: Hendrik Louwrens (0798800089 )
Ons gemeente streef daarna om ons kinders te bedien op hulle vlak. Alhoewel ons kinders volgens hulle behoeftes in verskillende groepe indeel, is dit vir ons belangrik dat die kinders deel is van die gemeente. Al het ons verskeie bedieningsbehoeftes en –style, is ons ‘n eenheid.
Gesinsdienste
Elke eerste en laaste Sondag van die maand is daar ‘n gesinsdiens in die kerkgebou. Die erediens word aangepas sodat die hele gesin daarby baat vind - van voorskool tot by Oupa.
Kinderkerk Elke Sondagoggend om 9:30 (gelyklopend met die erediens) het ons Kinderkerk in die Jeugkamer. Dit is vir al die voorskoolse kinders tot en met graad 3. Die ouers is ook welkom. Ds. Mauritz (ons jeugleraar), asook Jan Theron (ons jeugwerker) bedien die boodskap d.m.v. stories, DVD’s, poppekas en speletjies. Ons kleintjies vorm hulle eie orkes en ons maak lekker musiek tot eer van die Here. Vakansietye is daar GEEN Kinderkerk nie. Hierdie jaar is ons Groeigoggas en konsentreer ons in die erdienste, asook Sondagskool op geestelike groei. Laai die program hier af. Die diens is vanaf 9:30 tot 9:50 waarna die kinders na hulle onderskeie Sondagskoolklasse verdaag. Die voorskoolse outjies bly in die Jeugkamer agter en word met allerhande aktiwiteite (met ‘n Christelike grondslag) besig gehou totdat Pappa & Mamma hulle kom afhaal. Die graad 1 – 3’s gaan na hulle onderskeie klassies vir Sondagskool. Die ouers kan die kinders weer by die klasse kom afhaal na kerk. Sorsie is ‘n gereelde besoeker en ons kleintjies leer baie uit sy verhouding met die Here.
Kategese
Hoof van Kategeses: Marinda Heyns (082 417 7420 )
Ons maak gebruik van die kategesemateriaal van die AJK.
Junior Kategese : tydens die erediens Voorskool - graad 3
Senior Kategese : 10:00 Graad 4 - Finalejaars
Finalejaar katkisante kom in die jeugkamer bymekaar. Kontakpersoon ds. Mauritz (079 895 3916)
Het jy al aangesluit as ‘n vriend by NG Heuwelkruin Jeug op Facebook? Doen dit sommer nou!
Omgeegroep vir graad 10 en 11’s: Woensdagaande om 19:00 by Jutastr 24. Kontak Seugnét (082 960 1264) vir meer inligting. Ons het hope pret en ons groei geestelik saam. Sluit asb by ons aan.
Kampe: 25 - 27 Februarie 2011 vir alle graad 8 - 12’s. Dis is verpligtend vir al die Finalejaars. Hou die Jeugafkondigings dop vir meer inligting.
Jeugband
Orkersleier: Jan Theron (076 600 4414 ) Enige person wat graag by die band wil aansluit kan óf vir Etienne óf vir Ammi Steyn (082 773 3152) kontak. Ons benodig jou talent. Kom sluit asb by ons aan.
Na-skoolse jongmense
|




