België
Heuwelkruingemeente se betrokkenheid by België is twee-jaarlikse sendinguitreike na België, die ondersteuning van ons sendeling, Drienie Lombaard, daar en 'n vennootskap met Brakel Gemeente. Die sendingwerk word onder beskerming van die Belgische Evangelische Zending (BEZ, webblad www.b-e-m.org) in Brussels België en hul Afrikaanse tak die AKSIE BELGIë VIR CHRISTUS (ABC webblad www.a-b-c.co.za) gedoen.
Drienie Lombard
Drienie Lombard werk sedert 1998 saam met die Belgische Evangelische zending en dan veral op die gebied van evangelisasie. Sy is verantwoordelik vir die multimedia Bybeltentoonstelling www.Bijbel-Epo.be., begelei studente in opleiding en lei die projek in Borgerhout-Antwerpen.
As koordinereder van die Bybel-Expo en in samewerking met gemeentes van verskillende denominasies bring ons die Bybel onder die aandag van baie mense . Vir baie Vlaminge is dit ’n eerste kennismaking met die ontstaansgeskiedenis en inhoud van die Bybel. Sommige kom opnuut onder die indruk van hoe God sy Woord in stand hou. Vir sommige beteken dit ’n totale ommekeer in hulle lewe!
Om studente te begelei, hulle uit te daag om in God se wil te soek en met Hom te wandel en ook ‘as mentor een deel van hulle pad saam te stap is ’n geweldige voorreg.
In Borgerhout , ’n voorstad van Antwerpen, reik Drienie uit na veral die Marokkaanse bevolking met die Evangelie van Jesus Christus. Deur betrokkenheid by buurtaktiwiteite bou ons vriendskapsverhoudings en kry so baie geleenthede om die Evangelie te deel. Jaarlikse uitreike bied ook aan Christene geleentheid om deel van die projek te word. Die BEZ het ’n visie om hier ’n gemeente te sien groei. Raak betrokke deur gebed, steun en uitreike.
Brakel gemeente
Die sendeling in Brakel is Hilde Deleebeeck (Opbrakelsestraat 36, Opbrakel, 9660, België, tel 0032 55 428739). Die predikant is Henk van Dorp (Fel Cauwelstraat 88, 9500, Geraardsbergen, België, tel 0032 54 418445, epos : This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Die webadres van Brakel gemeente is www.levensbron.be
|
Drienie Lombaard, voltydse sendeling in België |
Hilde Deleebeeck, voltydse evangelie werker in Brakel, België. |
Ds Henk van Dorp, kerkplanter en leraar van Brakel gemeente. |
|
Ik zou wel eens willen weten: waarom ik eigenlijk leef, wat de zin van alles is, waarom er toch zoveel moeilijle dingen in het leven zijn, of het allemaal wel de moeite waard is, waarom het slechter dan beter gaat met onze wereld, wat er na de dood gebeurt,..... of er wel een God bestaat?! God...als u bestaat, laat het mij dan weten! |
||
|
Die skepe "De Ark" en "Eben-Haezer" waarop Drienie wersaam is. |
‘n Kort termyn uitreikspan werksaam op die evangelie boot "Eben-Haezer" |
Drienie koördineer werksaamhede van kort termyn uitreik spanne op die bote en organiseer ook ‘n jaarlikse retraite vir die evangeliewerkers in België op die skepe. |
|
want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Rom 10: 13b-15 |
||
|
Ds Henk van Dorp en Hilde Deleebeeck |
Die eerste uitreikspan vanuit Heuwelkruin gemeente na België, 1996. |
Familie van Dorp: Ruth, Trijnie, Christiaan, Henk en Deborah |
|
Brakel, die dorpie in België waar daar sedert 16 September 2001 ‘n evangeliese gemeente bestaan. |
Die groep evangeliese christene van Brakel gemeete met afstigting van die moedergemeente te Geraadsbergen, September 2001. |
Die evangeliese christene van Brakel gemeente |
|
Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê … dan sal almal weet dat julle dissipels van My is. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels (Joh 13: 34-35 en Matt 28:19) |
||




