• Voorblad
  • Algemene Inligting
  • Afkondigings
  • Kerkraad
  • Woodland Hills
  • Jaarprogram
  • Jeugbediening
  • Erediens
  • Preke
  • Ampsbediening
  • Vrouediens
  • Sending
    • Tsumkwe
    • België
    • Middestadbediening
    • VGKSA
    • Bybelverspreiding
    • Ekumeniese Skakeling
    • Gebedsaksie
  • Bedieningspatroon
  • Omgeegroepe
  • Besprekingsdokumente
  • Skakels
Home Sending Gebedsaksie

Gebed

PDF Print E-mail

Gebedsaksie Sending

Kontakpersoon: Christine du Toit (+27-51-4363868) Gebed is ‘n onvoorwaardelike vereiste vir alles wat God in hierdie wêreld tot stand wil bring. (Andrew Murray) Die is so belangrik dat daar gereeld vir ons kommissie se werksaamhede, maar ook vir die kommissie self gebid word.

Kom ons bid saam!

MAANDAG

  • Tsumkwe - Ons gemeente se betrokkenheid
  • Persone om betrokke te raak by: Uitreikaksies, vriendskaps ondersteuning van sendelinge
  • Seën en betrokkenheid by Curios verkope
  • Mense wat voltyds sending werk daar doen - Hendrik en Elize van Zyl
  • Die inwoners wat reeds tot bekering gekom het.

DINSDAG

  • België - Ons gemeente vir volgehoue betrokkenheid
  • Voltydse sendelinge: Drienie Lombard, Henk van Dorp en Hilde Deleebeeck
  • Aksie België vir Christus
  • Gemeente in Brakel

WOENSDAG

  • Binnelandse Sending: VGKSA
  • Sendingkommissie

DONDERDAG

  • Plaaslike Sending: Rayton hoewe
  • Gesamentlike Bybelstudie
  • Werkersklas vir huishulpe

VRYDAG

  • Sendelinge oor die wêreld

NAWEEK

  • Sending opdrag: Markus 16:15

Deur ons volhardende gebed stel ons onsself geheel afhanklik van die Here asof alles alleen van Hom afhang. Dit is waar! Hy oortuig mense. Hy laat hulle na Hom soek. Hy open hartsdeure en geleenthede vir Sy kinders om in te gaan. Laat ons hierdie gebedsgawe van God so gebruik om ook in Simfonie met Hom te wees sodat ons daar sal wees waar Hy besig is om te werk. Laat ons bid dat Hy ons almal sal laat werk asof alles van ons afhang en so eensgesind volhard in die gebed asof alles van Hom afhang.

LEUSE: DRAERS VAN DIE LIG

As draers van die lig, leef ons in God se ligkring en kring die LIG uit na die wêreld.   LIG = die LIEFDE van God = die ewige LEWE by God.

  • Gen 1:1-2 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker…….
  • Gen 1:3 Toe het God gesê: "Laat daar LIG wees!"
  • 1 Joh 1:5 ….. GOD is LIG, en daar is geen duisternis in Hom nie.
  • 1 Joh 4:7-9 Geliefdes ons moet MEKAAR liefhê, want LIEFDE kom van GOD, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God.8 Wie nie liefhet nie, het gaan kennis van God nie, want God is liefde. 9 Hierin is God se liefde vir ons openbaar: sy enigste SEUN het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.
  • Joh 8:12 Op ‘n ander keer het JESUS vir die mense gesê: "Ek is die LIG vir die wêreld. Wie My volg sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal lig hê wat lewe gee."
  • Op die HOEKSTEEN van ons kerkgebou (Ef. 2:20)
  • Ef. 2:19-22 Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. 20JULLE IS ‘N GEBOU wat opgerig is op die fondament van die apostels en profete, ‘n gebou WAARVAN CHRISTUS SELF DIE HOEKSTEEN IS. 21In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ‘n heilige tempel vir die Here, 22in wie julle ook saam opgebou word as ‘n geestelike huis waarin God woon.
  • 2 Kor 4:6 God wat gesê het: "Laat daar lig skyn uit die duisternis," het ook in ONS HARTE ‘n LIG laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.
  • 1 Pet 2:9 Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die VERLOSSINGSDADE moet VERKONDIG van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare LIG.
  • Hand 2:2-4 Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, ….. 3Hulle het iets soos VUUR gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4Almal is met die HEILIGE GEES vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.
  • Ps. 119:105 U WOORD is die lamp wat my die weg wys, die LIG op my pad.
  • Ef. 1:18-19 Ek bid dat Hy julle GEESTESOË so VERHELDER dat julle weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is in ons wat glo.

Kontakpersoon: Christine du Toit (+27-51-4363868)

 

Copyright © 2009 ---.
All Rights Reserved.

Designed by cmsJOOMLA.eu.