• Voorblad
  • Algemene Inligting
  • Afkondigings
  • Kerkraad
  • Woodland Hills
  • Jaarprogram
  • Jeugbediening
  • Erediens
  • Preke
  • Ampsbediening
  • Vrouediens
  • Sending
    • Tsumkwe
    • België
    • Middestadbediening
    • VGKSA
    • Bybelverspreiding
    • Ekumeniese Skakeling
    • Gebedsaksie
  • Bedieningspatroon
  • Omgeegroepe
  • Besprekingsdokumente
  • Skakels
Home Sending VGKSA

VGKSA

PDF Print E-mail

SKAKELING MET VGKSA GEMEENTES

Die gemeentes van die Ring van Bloemheuwel, nl, Heuwelkruin, Bloemheuwel, Brandwag en Heuwelsig gemeentes, vorm die Ring van Bloemheuwel Skakelkommissie. Hierdie skakelkommissie skakel met die Bloemfontein-Noord, Bloemfontein-Wes en Tokoloho VGKSA gemeentes. Die skakelkommissie vergader kwartaalliks om die gemeentes se werksaamhede te koördineer, mekaar in te lig oor hul sendingprojekte en om terreine te identifiseer waar die skakelkommissie behulpsaam kan wees.

 

‘n Geloofsprojek:

DIE KERKBOU PROJEK TE CHRIS HANI PLAKKERSKAMP (VGKSA GEMEENTE)

Tot 2 Desember 2001 is daar by die Chris Hani-plakkerskamp in ‘n markiestent vir 400 – 650 christene kerk gehou. Nadat die tent deur wind en weer tot niet gegaan het, het die Here die NG Gemeente Heuwelkruin en die VGKSA gemeente oortuig om ‘n vaste struktuur op te rig. In geloof en in gehoorsaamheid teenoor God is die projek aangepak. Vandag getuig die kerkgebou as ‘n simbool om te getuig van die Heer se trou en goedheid.

FOTOS!!! (kliek hier )
 

Copyright © 2009 ---.
All Rights Reserved.

Designed by cmsJOOMLA.eu.