• Voorblad
  • Algemene Inligting
  • Afkondigings
  • Kerkraad
  • Woodland Hills
  • Jaarprogram
  • Jeugbediening
  • Erediens
  • Preke
  • Ampsbediening
  • Vrouediens
    • Vrouekamp
  • Sending
  • Bedieningspatroon
  • Omgeegroepe
  • Besprekingsdokumente
  • Skakels
Home Vrouediens

Vrouediens

PDF Print E-mail

Die Vrouebediening is vir al die vroue van die gemeente, asook die gemeenskap

Ons Vrouebediening wil graag elke vrou geestelike versterk en toerus sodat sy meer en meer soos Jesus kan wees, nader kan beweeg aan die vrou wat God haar geskep het om te wees, ‘n beter maat vir haar man kan wees, ‘n beter mamma vir haar kinders en ‘n beter vriendin vir haar naaste te wees.

Die Vrouebediening behels die volgende:

Kwartaallikse byeenkomste - by hierdie geleenthede wil ons graag baie moeite doen om die vrouens te bederf met vroue-goed. Ons beplan ook om met elke geleentheid ‘n spreker te kry om oor relevante en aktuele onderwerpe te gesels.

Kampe: Ons het ‘n gemeentekamp waarby ons graag elke vrou in die gemeente wil betrek. Ons weet dis moeilik vir die ma van die huis om die huishouding agter te laat vir ‘n naweek, maar die vrouens put so baie uit al die geleenthede, dat dit regtig die moeite werd is om die kamp by te woon. Daar is ook ‘n Sinodale kamp waartydens al die vroue van die Vrystaat-Sinode bymekaar kom. Dit is ‘n wonderlike geleentheid wat ons moet aangryp.

Bybelstudiegroepe: Daar is verskeie Bybelstudie- & omgeegroepe waarby vrouens kan inskakel. Sien asb. onder omgeegroepe of skakel Dr Charles Mitchell om te hoor waar jy kan inskakel.

Uitreikaksies: Daar is verskeie geleenthede waarby ons vrouens kan betrokke raak, soos bv. die kombersprojek (ons samel jaarliks geld en komberse in om uit te deel aan minderbevoorregtes) of die skoendoosprojek (ons maak skoendose vol toiletware en lekkernye vir minderbevoorregte kinders)

Program vir 2010

Vrouekamp - Klik by die menu aan die linkerkant vir foto's!

Wêreldbiddag vir Vroue

Gebedsontbyt

Datum: 5 Maart 2010
Plek: Woodlands Gemeenskapsentrum
Gasspreker:
Annalise Wiid
Tyd: 8:30
Koste:
R40
Kaartjies: Seugnét (082 960 1264)


Meditatiewe gebedsgeleentheid

Vir diegene wat nie die gebedsonbyt kan bywoon nie.

Datum: 5 Maart 2010
Plek: NG Kerk Heuwelkruin Jeugkamer
Tyd: 18:00
Tema: Laat alles wat asem haal, die Here loof!
Koste: Gratis                         

 

 

Copyright © 2009 ---.
All Rights Reserved.

Designed by cmsJOOMLA.eu.