Woodland Hills
Woodland Hills
WOODLAND HILLS GEMEENSKAPSKERK
In gehoorsame opdrag van God, geïnisieer deur Heuwelkruin Ned Geref Gemeente, het ons op So 9 Sept 2007 die eerste tentdiens in Woodland Hills aangebied. Vanaf Okt 2007 is daar elke maand ‘n Afdakdiens (onder die motorafdakke van Hillandale Care) aangebied.
Op Sondag 12 Okt 2008 het Heuwelkruin NG Gemeente die inwyding van die Gemeenskapsentrum gereël en aangebied. Heuwelkruin het R 286 000 aan die ontwikkelaars oorbetaal ten einde die Gemeenskapsentrum te vergroot. Die Ontwikkelaars het ook ‘n kerkkantoor en ‘n stoorkamer vir Heuwelkruin gereserveer. Daar bestaan vanaf Maart 2009 ‘n tien jaar kontrak tussen Heuwelkruin en die Hillandale Huiseienaarsvereniging. Die gemeente betaal ‘n maandelikse huur en het die volle gebruik van die sentrum elke Sondae vanaf 07:00 tot 11:00.
Die kerkraad bied nou elke Sondag (behalwe Des/Jan) volledige eredienste en katkisasie in die Gemeenskapsentrum aan.
Strukture:
Heuwelkruin NED GEREF Gemeente het reeds die volgende strukture gevestig, nl.
- Blok OC: Hillandale Care
Hier tree geestelike leiers op. Elke Maandag vind hier ‘n Bybelstudie plaas. Elke Donderdag bied Ds Meiring ‘n biduur aan. Die eredienste word deur die kantoor te Hillandale Care gereël, maar die leraars van Heuwelkruin is altyd beskikbaar om die eredienste aan te bied.
- Blok O: Hillandale Life Style Village
Hierdie Blok word deur agt geestelike leiers bedien. Omgeegroepe en Bybelstudiegroepe is baie aktief en lidmate en ander belangstellendes is welkom om dit by te woon.
- Blok P: Alle Meenthuise
Blok P verdeel in P1 en P2. Hier bestaan nog baie uitdagings. Die geestelike werkers lewer getroue diens en is uiters betroubaar in die uitvoering van hulle pligte.
- Blok Q: Alle Woonhuise
Blok Q is reeds in vier dele verdeel en word deur agt geestelike leiers bedien. Blok Q kan beskryf word as die huisgedeelte aan die regterhand van die hoofhek, wanneer ’n mens Woodland Hills ingery kom.
- Blok R: Woonhuise links van die Hoofhek.
Hierdie nuwe blok word tans deur vier geestelike leiers bedien.
- Nuwe Blokke sal gevorm word namate uitbreiding volg.
- Medegelowiges word aangemoedig om vir diens aan te meld
Geestelike Leiers:
Die Here het die volgende geestelike leiers aangewys, nl.
Leierouderling: Johan Lombaard 082 5600 130
Leierdiaken: Retha van Zyl 083 451 0511
Kategeteleier: Greyling Venter 082 5716 406
Ander Geestelike Leiers:
- Blok OC: Thys Wessels/Antoinette Cilliers 082 5577 858/073 1817 720
- Blok O1: Dippies Dippenaar/Koos Nel 082 9237 470/076 4814 876
- Blok O2: Frans Mosca/Alet Jurgens 083 6253 636/083 7208 419
- Blok O3: Piet Heckroodt/Rita Steyn 083 308 7427/083 4097 342
- Blok P1: Ewie Cronje/Rachell Truter 083 7454 805/ 083 4959 491
- Blok P2: Vakant
- Blok Q1: Brand Louw /Magda Frey 084 5109 283/084 5754 452
- Blok Q2: Herman van Wyk/Bertie Nel 083 4001 750/083 3957 366
- Blok Q3: Valerie du Plessis/Vakant 082 4138 169/
- Blok Q4: Christie Beukes/Henning Liebenberg 082 4923 946/082 4496 976
- Blok R1: Magda Coetzee/Estie Snyman 083 2625 203/082 4243 578
- Blok R2: Wim Nell/Hannah Bester 082 8829 777/082 7806 819
AFLOS Oudl: Boet Human 082 4638 121
AFLOS Diak: Madelein da Silva 082 7736 215
Die taak en die roeping van die geestelike leiers is die volgende, nl.
- Intrede by God vir alle mense
- Inisieer en koördineer aksies (Omgee-en Bybelgroepe)
- Bestuur die geestelike behoeftes
- Wend lidmate volgens hul eie gawes in bedieninge aan
- Beskikbaar vir alle mense
- Mense/lidmate praat met die geestelike leiers en vra in gebed God se leiding. Die kerk is in die hande van die lidmate.
Bedieninge:
- Bybelgroepe:
- 4 Persone beskikbaar
(Antoinette Cilliers 051-451 2323; Mev Andrè Hay 083 262 1185; Corrie Dalton- Hillandale Care; Rita Steyn – 083 409 7342)
- Omgeegroepe:
- 7 Omgeegroepleiers is beskikbaar
(Ems van Schalkwyk 083 348 5228; Hettie Nel 076 481 4876; Johan Lombard 082 5600 130; Fanie Snyman – 082 7808 039; Anton Meiring – 079 8953 914; Grobbie Grobler – 083 6070 209; Frans Mosca – 083 6253 636)
- Biduur
- 1 Biduur per week (Donderdae)
(Anton Meiring 079 8953 914 – Hillandale Care)
- Jeugaktiwiteite: In samewerking met die res van Heuwelkruin word …
- Elke Sondag om 08:45 word katkisasie vir Gr 1-11 kinders aangebied. Alle kinders is welkom.
- Maandelikse Jeugaktiwiteite: Daar word gepoog om elke maand ‘n Jeugaktiwiteit binne die grense van Woodland Hills Landgoed aan te bied.
- Eredienste:
- Op elke Sondag van die jaar (Behalwe gedurende Des en Jan vakansie) word die kerkdienste om 09:30 aangebied.
- ‘n Toekoms ideal is om ten volle Engelsprekende dienste om 08:00 tot 08:30 aan te bied.
- Nuwe Bedieningsbenadering
- Almal in Diens van Een God
- Liggaamsmodel met Christus as Hoof
- Desentralisering (Projekte op grondvlak)
- Lidmate aanvaar verantwoordelikheid vir hul eie verlossing, diensbaarheid, dankbaarheid en geestelike groei.
- Hospitaalbesoeke/Pastorale Besoeke/Huisbesoeke:
- Persone kan as vriende of as lidmate (met indiening van attestaat) by die oopdeurbedieninge aansluit.
- Slegs lede wat aangemeld het, sdal bearbei word ten einde etiket te handhaaf.
- Laat weet asb u geestelike leiers indien u hospitaal toe gaan of indien u graag ‘n leraar wil spreek.
U Finansiële Bydrae/Dankoffer:
Daar bestaan twee metodes wat u kan gebruik:
· Dankofferkoevertjies: Ons deel koevertjies op aanvraag uit wat u self na die offerkis in die eredienste moet bring.
· Elektroniese bydrae: Die Bankbesonderhede is soos volg nl.
ABSA Bank, Takkode = 632-005, Tjekrekno. 470 583 266. U persoonlike verwysing sal bestaan uit u Van en Voorletters plus die blok waarin u val byv. Venter A, Blok P.
Kontakpersone:
- Hillandale - Frans Mosca 083 6253 636
- Meenthuise - Ewie Cronje 083 7454 805
- Woonhuise - Magda Frey 084 5754 452
- Leraar Ds Anton Meiring 079 8953 914
Kantoortye by die Sentrum:
Maandag en Woensdag 08:30 – 13:00
Dinsdag en Donderdag 16:00 – 18:00
Sondag 08:00 – 11:00
Huidige Skriba: Mev Judy Havenga
“Ons is hier omdat God dit so beplan het,
maar ons is ook hier omdat God met ons ‘n plan het!”


