Legitimasie van Finalejaar Teologiestudente

‘n Baie mooi legitimasiegeleentheid van finalejaar teologiestudente is vanaand, 23 November 2017 in ons gemeente gehou.

LEGITIMASIE beteken die wettige toela­ting tot ’n kerklike amp*. In die Afrikaans­sprekende gereformeerde* konteks beteken dit toelating tot die amp van predikant*. Die opleiding en legitimasie van evangeliedienaars, of dienaars van die Woord (predi­kante), word deur die kerke gereël. Die op­leiding (gewoonlik aan ’n teologiese fakulteit by ’n universiteit) geskied onder die beheer van die kuratorium van ’n kerk. Die kuratorium laat studente toe tot die teologiese studie met die oog op die evangelie­bediening. Die voornemende student moet ’n persoonlike oortuiging hê van die roe­ping van God en van ’n persoonlike geloof* in God. Die kuratorium begelei die studen­te tydens hulle opleiding. Die kuratorium het ook ’n eksamenkommissie wat aan die einde van die studie namens die kerk ’n proponentseksamen by die studente af­neem. Die (proponents)eksamenkommissie lê die name aan die regskommissie/kommissie van die algemene kerkvergadering voor vir legitimasie.

By legitimasie onderteken die kandidate die legitimasieverklaring. Dit is ’n plegtige onderskrywing van die belydenisskrifte* van die kerk en ’n onderneming om in die amptelike diens die uitbreiding van die koninkryk van God te dien in gehoorsaam­heid aan die drie-enige God. ’n Akte van legitimasie met die toelating tot die be­voegd­heid van proponent* word aan die persoon uitgereik.

Vir verdere lees: 2005. Die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. l997. Kerkorde van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.

Luister hier na die preek:

https://youtu.be/Vc-jHoK_3vw

 

Posted in nuus.