Vir enige navrae: skakel ons by 051 - 436 6634

Baie welkom by NG Gemeente Heuwelkruin

Heuwelkruin is ‘n Nederduits Gereformeerde-gemeente en is geleë in die noordelike woonbuurt van Heuwelsig in Bloemfontein. Ons val binne die Ring van Bloemheuwel.

Ons is baie bly dat jy ons webtuiste besoek het, hetsy jy nou net kom kyk het, en of jy op soek is na ‘n plek om te aanbid.Ons leuse is “Draers van die Lig” omdat ons die Woord en die liefde van ons drie-enige God wil leef en uitdra na buite.  Ons doel is om mense te help om te groei in hulle verhouding met God.Ons is ‘n gemeente wat omgee vir mekaar en ook uitreik na ons gemeenskap, nie net in ons eie omgewing nie, maar ook buite ons grense.

Elke persoon is vir ons belangrik.

Ons hoop dat jy ‘n tuiste by ons sal vind.

Nuus