Tsumkwe uitreik 2016

GEBEDSONDERSTEUNING:

UITREIK na TSUMKWE van NG GEMEENTE HEUWELKRUIN

Donderdag 23 Junie tot Vrydag 1 Julie 2016

LEDE VAN UITREIKSPAN

Jeanet Conradie, Zjaan Burmeister, Annie Senekal, Jan van der Westhuizen, Lunette Visser, MC van Damme en Ds Mauritz Heyneman (groepleier)

SAKE VIR VOORBIDDING

  • Dat die Naam van God vereer word
  • Onderworpenheid van span aan die wil van God
  • Vrug op die evangelie-verkondiging
  • Geestelike groei by die groepe wat bedien word
  • Eensgesindheid en liefde
  • Bedagsaamheid, hoflikheid, pligsbesef en diensbaarheid in die groep

Vader, Jesus Christus en Heilige Gees dankie vir die kragtige lewensveranderende werk wat U doen.

TEMA:             

  1. My verantwoordelikheid teenoor God
  • 1 Samuel 3 … die roeping van Samuel

Uitgebeeld deur toneeltjie terwyl verhaal uit Bybel gelees word

Klem op:

  • God roep ons om vir Hom te werk
  • God roep almal, maak nie saak of ons groot of klein, oud of jonk, arm of ryk, ens. is nie
  • Al wat ons moet reageer is: “Here, hier is ek …”
  1. My verantwoordelikheid teenoor die gemeente
  • Lukas 15 : 8 – 10 … gelykenis vd verlore muntstuk

Uitgebeeld deur toneeltjie terwyl verhaal uit Bybel gelees word

Klem op:

  • God gee vir die gemeente wat sy nodig het
  • As een weg is, is dit baie sleg
  • Vreugde as wat/wie weg was weer gekry word!
  1. My verantwoordelikheid teenoor myself – is ek getrou?
  • Matteus 21 : 28 – 31a … gelykenis van die twee seuns

Uitgebeeld deur toneeltjie terwyl verhaal uit Bybel gelees word

Klem op:

  • Sê ek “ja” of sê ek “nee”?
  • As ek “ja” gesê het, moet ek dit doen
  • As ek (soos die eerste seun) “nee” gesê het, kan ek nog gaan regmaak en my deel doen.

DIE DOEL VAN DIE BESOEK

  • Om die liefde van Christus uit te dra
  • Om die kerkraad en die drie voltydse werkers in Tsumkwe te ondersteun
  • Om die mense van Aasvoëlnes, Nhoma en Duinepos meer van Jesus Christus te vertel
  • Om ds. Hendrik en Elize van Zyl, die leraarspaar van Grootfontein, te besoek en bemoedig

PROGRAM

(Onderhewig aan God se beskikking)

Dag 1 – Donderdag 23 JUNIE

17:00    Pak van voertuie by kerk.  Lidmate kom groet en bid.

Vir ons uitreikspan:

Lei ons Here

Here, wees op ons reis elke dag

die lig voor ons,

die skadu agter ons,

die helder wolk bo ons,

die vaste grond onder ons.

O Christus, wees die begin van al ons reise,

en ook die eindbestemming. (Joh. 8:12; Jes.51:16; Open.1:8 en 17)

Dag 2 – Vrydag 24 JUNIE

05:00    Vertrek vanaf kerkgebou na KEETMANSHOOP – 1040km

Vir ons uitreikspan:

Hand.18:9-10     “Moenie bang wees nie; hou aan om die Woord uit te dra en moenie stilbly nie, want Ek is by julle.  Niemand sal julle kwaad aandoen nie, want in hierdie land behoort baie mense aan My.”

Dag 3 – Saterdag 25 JUNIE

07:00    Vertrek vanaf KEETMANSHOOP) na GROOTFONTEIN (slaap by DEGNOS-huis) – 960 km

2 Kron. 20:21     Heuwelkruin en die span moet die Here loof met die woorde: “Loof die Here, aan Sy liefde is daar geen einde nie.”

Mat. 19:26         Dankie Here, niks is vir U onmoontlik nie.

Dag 4 – Sondag 26 JUNIE

Vertrek vanaf Grootfontein na TSUMKWE – 280 km

Vir ons uitreikspan:

2 Kron.20:15      Moenie vrees nie, moenie bang wees nie, want hierdie stryd is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God.

Dag 5 – Maandag 27 JUNIE

Vertrek na habitatte – Duinepos, Aasvoëlnes en Nhoma – Tyd by Nhoma, speletjies en filmvertoning

1 Sam.3:4-10     Die Here het Samuel drie keer geroep.  Die Here het gekom, gaan staan en soos die vorige kere groep:  “Samuel, Samuel!”.

En Samuel sê:  “Praat Here, U dienaar luister!”

Bede vir die Boesmans:

Julle vir wie die Here roep, mag julle Sy stem hoor en antwoord.

Dag 6 – Dinsdag 28 JUNIE

Vertrek na habitatte – Duinepos, Aasvoëlnes en Nhoma – Tyd by Aasvoëlnes, speletjies en filmvertoning

Luk. 15:8-10        ‘n Vrou het tien silwermuntstukke en een raak weg.  As sy dit kry, roep sy haar vriendinne bymekaar en sê:  “Wees saam met my bly!”  Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.

Dag 7 – Woensdag 29 JULIE

Deel Bybels uit by Hoërskool aan Gr 8 leerders; spanoggend by Nxai-Nxaipanne; middag poppekas en speletjies by Kinderkrans op Tsumkwe

Vir die leerders:

Mat.20:32-34     Jesus het gaan staan en hulle gevra:  “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?”  Hulle sê toe vir Hom:  “Here dat ons oë opgaan.”  Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak.  Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.

Dag 8- Donderdag 30 JULIE

Vertrek na habitatte – Duinepos, Aasvoëlnes en Nhoma – Tyd by Duinepos, speletjies en filmvertoning

Mat. 21:28-31    Daar was ‘n man met twee seuns.  Hy het vir die een gesê:  “Seun, gaan werk vandag in die wingerd!”  “Ek wil nie!” antwoord hy, maar later het hy spyt gekry en tog gegaan.  Die ander seun het gesê” “Goed, Pa”, maar hy het nie gegaan nie.  Wie van die twee het gedoen wat hulle pa wou hê?  Hulle sê:  “Die eerste.”

Dag 9 – Vrydag 01 JULIE

Vertrek 06:00 vanaf Tsumkwe (Jeanet en Zjaan woon DEGNOS-vennotekonferensie op GROOTFONTEIN namens Heuwelkruin by) tot op WINDHOEK – 735km

Joh.15:16          Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.  So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in My Naam vra.

Dag 10 – Saterdag 02 JULIE

Vertek vanaf WINDHOEK na UPINGTON – 970km

Jes. 45:22-23    Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie.  Ek lê ‘n eed af in my eie Naam, dit is ‘n woord wat nie onvervul sal bly nie:  voor My sal elke knie buig, in My Naam sal elke tong ‘n eed aflê.

Dag 11 – Sondag 01 JULIE

Vertek vanaf UPINGTON na Bloemfontein – 570km

Ps. 145:5-7       Ons wil getuig van u magtige dade, sodat die mense oor U wonderdade sal praat.  Ons wil van U grootheid vertel.  Sonder ophou moet hulle U groot goedheid verkondig en oor U reddingsdade jubel.

Aan Hom die dank, lof en eer.

Posted in nuus and tagged , , .