25 Maart 2020

Liewe Heuwelkruiner

Hierdie is inderdaad die vreemdste van vreemde tye. Soos prof Fanie Snyman dit stel: “in plaas van saamstaan moet ons van mekaar wegstaan. Maar dan weer: dit is juis in ons almal se weg staan van mekaar dat ons saamstaan.” Kan ek byvoeg: te midde van ons wegstaan van mekaar, staan God steeds nader aan ons. Die Bybel is vol van God se liefdevolle naderstaan aan sy mense, veral in hulle nood. Jesus se hele bediening op aarde was gekenmerk deur sy naderstaan aan mense. Mag jy beleef dat die Vader, Jesus en die Gees vandag ook naby jou staan met omarmende, deernisvolle liefde. God is nie kwaad nie; God huil saam met ons.

Ons hou nie van geld praat in die kerk nie, dis altyd ongemaklik. Maar namens die ADFIN-kommissie herinner ons jou aan jou dankoffers en bydraes tot die gemeente. Die werk gaan aan, rekeninge moet betaal word. Ons het reeds vir Torings van Hoop gehelp met kos vir kospakkies voor die “lockdown”. Julle weet dat daar baie instansies is wat ons hulp gaan nodig hê in hierdie tyd; ook van ons eie lidmate. In hierdie tyd moet ons die kwesbares help om ook hierdeur te kom. Bankbesonderhede: NG Gemeente Heuwelkruin, ABSA; Rek no: 470 583 266; Takkode: 632 005; Verw: jou naam en/of lidmaatnommer

Ons herinner weer: as jy enige hulp nodig het (fisies, emosioneel of geestelik) kontak vir ds Mauritz (051 436 1644 & 079 895 3916).

Wees veilig, vertrou op die Here, bid sonder ophou.

Posted in nuus.