17 Junie 2020

Goeie môre Heuwelkruiner

Joan Osborne het in 1995 ‘n liedjie geskryf met die titel: “One of us”. In die refrein sing sy:
“What if God was one of us?
Just a slob like one of us
Just a stranger on the bus
Tryin’ to make his way home?
And yeah, yeah, God is great
Yeah, yeah, God is good”

Dank die Vader ons kan die vraag antwoord en verklaar dat God níé soos ons is nie. Dit is juis omdat die mens nie soos God is nie, dat die wêreld in die gemors is waarin hy is. Ons as mens is kortsigtig, God sien die hele prentjie. Ons is selfsugtig, God is liefde. Ons wil vernietig, God wil opbou. Ons is vals, God is betroubaar. Ons lieg, God is waarheid. En so kan ons aangaan. Dit is juis omdat Hy God is, dat ons Hom kan vertrou, en ook in hierdie moeilike tyd juis na Hom kan gaan en by God hoop en troos kan vind.

In Numeri 23 : 19 lees ons:
“¹⁹God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie,
‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.
Sou Hy iets sê en dit nie doen nie,
iets belowe en dit nie uitvoer nie?”

Ek hoef nooit te wonder oor God nie. Ek hoef nooit onseker te voel oor sy getrouheid en sy goedheid nie. God gaan nooit teen sy beloftes in nie – beloftes van sy trou en sorg, maar veral ook sy beloftes van ons verlossing in en deur Jesus Christus. God is getrou. Hy is níé ‘n mens nie, Hy is God!

Daarom kan ons vandag maar net saam met Joan Osborne sing: ”Yeah, God is great. Yeah, God is good.”

Mooi dag

Ds Mauritz

Posted in nuus.