Gemeente-ete

Sondag 21 Augustus, as afloop van ons Nagmaaldiens, het ons gemeente ‘n heerlike ete gehad.  En wat ‘n lekker kuiergeleentheid was dit nie.  Die kos was heerlik (die vroue het hulle oortref!), die saal mooi versier, en die geselskap nóg lekkerder … dankie Christa Mitchell en jou bestuur (Sonja, Marietjie, Anja, Chrisna, Inge en Judy) vir julle mooi reëlings, asook vir elke gemeentevrou wat gehelp het om van hierdie geleentheid só ‘n groot sukses te maak.  Ons maak sommer gou weer so!

 

Posted in nuus.